Paul Roos se multisport atlete het vanjaar by verskeie wêreld kampioenskappe vir Suid Afrika verteenwoordig. Van links, Thomas van der Merwe (seuns onder-17) eindig 22ste by die 2024 Wêreld Moderne Vyfkamp Kampioenskappe in Portugal (skerm-swem-hindernisbaan en gekombineerde laserpistoolskiet-hardloop); Mattijs Machtelinckx (seuns onder-19) verwerf sy Junior Protea Kleure, 'n brons medalje by die 2024 Wêreld Triathle Kampioenskappe en 'n 6de plek by die 2024 Wêreld Biathle Kampioenskappe, albei in Egipte; Alexander Southwood (seuns onder 17) eindig 17de by die 2024 Wêreld Triathle Kampioenskappe in Egipte; Hunter Krynauw (seuns onder-15), tans besig om Suid Afrika te verteenwoordig by die 2024 Wêreld Vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe in Gautemala, Sentraal Amerika (swem-hindernisbaan en gekombineerde laserpistoolskiet-hardloop); en Coenie van Vuuren (Afrigter en Meester 70 jaar plus atleet) Brons medalje by die Wêreld Meesters Moderne Vyfkamp Kampioenskappe in Hongarye (skerm-swem-perdespring en gekombineerde laserpistoolskiet-hardloop); Silwer medalje by die mans aflos spanne by dieselfde Wereld Meesters Moderne Vyfkamp Kampioenskappe in Hongarye, en Silwer medalje by die Wêreld Triathle Kampioenskappe.
Related Topics: